US United States English
US Estados Unidos Español
PL Polska Polski
ZA South Africa English
ZA Suid-Afrika Afrikaans
Suid-Afrika Afrikaans

Ons stel die BTKi-SLE-studie bekend: ’n kliniese navorsingstudie oor sistemiese lupuseritematose

As u SLE het en tussen 18 en 75 jaar oud is, oorweeg dit om aan die BTKi-SLE-studie deel te neem. Vind meer uit oor die studie, of kyk of u moontlik daarvoor vooraf kwalifiseer.

Om dag in en dag uit met sistemiese lupuseritematose (SLE) saam te leef, kan ’n uitdaging wees. Dit neem moed, volharding en kennis van u behandelingsopsies. As SLE u lewe affekteer, sou ’n kliniese navorsingstudie moontlik vir u ’n opsie kon wees?

Die BTKi-SLE-studie is ’n wêreldwye kliniese navorsingstudie wat ’n navorsingsmedikasie vir mense met SLE evalueer.

SLE is ’n outoïmmuunsiekte wat baie verskillende dele van die liggaam kan affekteer, soos die vel, spiere en gewrigte, en selfs organe in ’n mens se liggaam. Hierdie wêreldwye studie sal kyk na die veiligheid en doeltreffendheid van ’n navorsingstudie by mense met SLE en sal bepaal watter dosis die beste werk. Die navorsingsmedikasie werk anders as ander medikasie wat gebruik word om SLE te behandel.

Dankie dat u dit oorweeg om aan hierdie kliniese navorsingstudie deel te neem.

Vind meer uit oor hierdie studie 

Hierdie webwerf word gesteun deur Merck KGaA